Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Algemene verkiesings sal op 29 Mei 2024 in Suid-Afrika gehou word om 'n nuwe Nasionale Vergadering sowel as die provinsiale wetgewer in elke provinsie te verkies. Dit sal die sewende algemene verkiesing wees wat onder die voorwaardes van algemene volwasse stemreg gehou word sedert die einde van die apartheidsera in 1994. Die nuwe Nasionale Raad van Provinsies sal tydens die eerste sitting van elke provinsiale wetgewer verkies word. Sedert die eerste post-apartheid-verkiesing in 1994 het die African National Congress 'n meerderheid setels in die Nasionale Vergadering beklee.

Die datum van die verkiesing is deur die dienende president, Cyril Ramaphosa, bepaal en moes binne 90 dae na die einde van die termyn van die huidige Parlement, middel Mei 2024, wees.[1]

  1. "Election season kicks off but no date yet". Business Day. 24 Oktober 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne